Nuwe arbeidsregulasies geld vir buitelandse werkers in SA

Die Suid Afrikaanse minister van arbeid, Thulas Nxesi, sê die regering beoog om kwotas in te stel op die aantal buitelandse burgers, wat in die land se belangrikste ekonomiese sektore in diens geneem kan word. Nxesi sê die regulasies sal veral geld vir geskoolde buitelandse burgers met geldige werksvisums, om meer mense met die nodige vaardighede in die land aan te stel. Die minister het vroeër vandag besonderhede gegee oor die Nasionale Arbeidsmigrasie-beleid en die voorgestelde wysigings aan die Wet op Indiensneming. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …