Operateurs het vrae oor 4 Cities Roadshow

Die Namibiese Toerismeraad sal sy 4 Cities Roadshow in Duitsland, Holland, en die Verenigde Koninkryk hou. Rolspelers in die bedryf is uitgenooi om deel te neem aan die geleentheid wat op 12 September vanjaar in München, Duitsland, afskop. Maar, sommige plaaslike operateurs soos Joseph Kafunda, het vrae.