Ondersoek na TB in Kruger-olifante duur voort

Spesialiste by die Krugerwildtuin monitor ‘n stam van menslike tuberkulose in olifante. ‘n Veeartsspesialis, Peter Buss, sê die eerste stam is in 2016 opgemerk. Buss sê ‘n navorsingsprojek is in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch van stapel gestuur. Tot dusver is 55 toetse uitgevoer. Hy sê ook ondanks die feit dat spore van menslike TB nie onlangs in olifante opgespoor is nie, word die toetse voortgesit, soos fondse beskikbaar raak. Die wildtuin het reeds meer as 200 000 Suid-Afrikaanse rand aan die projek bestee: