Operasie Dudula vergader met AfriForum

 Operasie Dudula hou samesprekings met die drukgroep AfriForum oor moontlike samewerking oor verskeie kwessies. Die twee organisasies hoop om saam te werk aan die versterking van die land se grense en die beperking van plaasmoorde. Die adjunk-voorsitter van Dudula, Dan Radebe, sê die twee organisasies het dieselfde siening oor sake wat verband hou met grensbestuur. Radebe sê oor die kwessie van plaasmoorde, die meeste aanvalle word gepleeg deur onwettige migrante.