Oos-Kaap sal verligting kry die somer

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die Oos-Kaap kan bo-gemiddelde reënval verwag in die vroeë sowel as die middel van die somer. Volgens die diens kan dit toegeskryf word aan die La Nina-weerstelsel. ‘n Seisoens-vooruitskatting vir November tot Maart voorspel hoër as normale temperature in die res van Suid-Afrika. Die somer sal natter as gewoonlik wees, veral in die Winterberg-gebied sowel as die Gamtoos- en die Kariega-distrikte in die Oos-Kaap. In Namibië word die eerste reënval na die einde van die maand verwag.