SPYL sê hy skaar hom by die jeug

Jong mense sê Namibië is ‘n land waar baie gepraat en min opgetree word. In baie gevalle wil jong mense besighede of projekte begin, maar hulle word met die realiteit getref wanneer hulle ‘n finansiële instelling vir fondse nader. Wat is die taak van jeugligas in Namibië as hulle nie jong mense met hierdie uitdagings kan help nie? Die sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, Ephraim Nekongo, sê hulle gee altyd ondersteuning aan jong mense.