Oorlog in Oekraïne kan tot hongersnood lei

Ongeveer 15 persent van die wêreld se total kalorie-inname is afkomstig vanaf koring en ‘n derde daarvan kom vanaf Rusland en die Oekraïne. Intussen het Rusland ‘n verbod geplaas op enige uitvoere van koring. Die plantseisoen vir koring in die noordelike halfronde is nou, en op die oomblik, word daar nie in die Oekraïne geplant nie. Kenners meen dat nie net is die huidige koringvoorraad onder gedrang nie, maar volgende jaar se voorraad sal ook kortskiet. Voedselvoorsiening wêreldwyd werk op ‘n 90-dae grondslag. Wanneer kosproduksie ophou, raak voorraad op na 90 dae – met kwesbare lande wat eerste voorraad verloor omdat ryk lande die voorraad opkoop. Daar is volgens sommige menings, ‘n daadwerklike risiko vir hongersnood. Daar is reeds 800 miljoen mense wêreldwyd wat honger ly en die oorlog in Oos-Europa sal dié stand van sake vererger. Lande soos Somalië maak 100 persent staat op Rusland en die Oekraïne vir koring.