Plaaslike musiekbedryf word nie bevorder nie

Namibiese musiek sal nie groei en ‘n invloed op die internasionale mark hê solank dit nie ‘n agenda het om plaaslike kuns in die land ná 32 jaar van onafhanklikheid te bevorder nie. Dit is die mening van Eino John Max, die uitvoerende hoof van die Namibiese Vereniging van Komponeerders en Outeurs van Musiek, oftewel Nascam. Max sê musiek het nie ‘n kans gekry om plaaslik te groei en met ‘n aggressiewe bemarkingstrategie deur die platemaatskappye of kreatiewe bedrywe uitgevoer te word nie.