Oorlog het geen impak op Nam se handelstekorte nie

In Simonis Storm se geopolitieke verslag van vandeesweek is handel tussen Namibië en Rusland bespreek. Namibië voer aansienlik meer produkte van Rusland in as wat na die land uitgevoer word. Namibië voer koring, amoniumnitraat wat in kunsmis gebruik word, en gevriesde hoender en sardientjies van Rusland in, terwyl ons oesters, vars druiwe, dadels en gevriesde krap na Rusland uitvoer. Theo Klein, ekonoom van Simonis Storm verduidelik die impak op die handelsbalans tussen die twee lande aan Kosmos 94.1 Nuus.