Olie: Dis ‘n wen-verloor situasie vir Nigerië

Nigerië, tans Afrika se top-olieprodusent ervaar tans tekorte aan brandstof. Terwyl die President Muhammadu Buhari sy blydskap oor die hoë olieprys uitgespreek het, kan die land geen olie self verwerk nie en maak staat op brandstof-invoere wat landsburgers blootstel aan prysskokke. Olie-verkope beslaan 90 persent van Nigerië se inkomste en die land het baie groot subsidies om brandstofpryse laag te hou, wat die regering geld kos en op sy beurt weer die koste van petrol- en dieselinvoere raak. Op die oomblik kos petrol ongeveer 6 Namibiese dollar ‘n liter maar as gevolg van tekorte is die swartmarkprys tussen 10 en 18 Namibiese dollar ‘n liter, sodat mense kan rondbeweeg. Namibië se onlangse olievonds is ook met gemengde gevoelens begroet. Drie miljard vate is 300 kilometer aflandig in die Suide, deur TotalEnergies ontdek.