Ontvoeringseenheid moet in SA op die been gebring word 

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die polisie om dringend ‘n Gespesialiseerde Ontvoering-ondersoekeenheid in dié provinsie tot stand te bring. Mpumalanga het die tweede-hoogste toename in ontvoerings in die land aangeteken ná Gauteng, wat gestyg het van gemiddeld 277 ontvoerings per maand verlede jaar tot gemiddeld 579 ontvoerings per maand vanjaar. ʼn Woordvoerder vir die DA, Trudie Grovè-Morgan, sê ontvoerings het ’n winsgewende bedryf geword vir trans-nasionale sindikate wat sakelui, ryk buitelanders en politici in Suid-Afrika teiken: