Mynbou sal ekonomiese herstel bewerkstellig

Verbeterde mynbou-uitset beide vanjaar en volgende jaar sal volgens Cirrus die primêre dryfveer  van Namibië se ekonomiese herstel wees. Die makelaarsfirma sê produksiedata van die ministerie van myne en energie vir die eerste helfte van die jaar toon dat hierdie herstel goed op dreef is, hoewel dit grootliks vir diamante tel. Die verbeterde produksie van sommige kommoditeite, en die herstel van pryse sal nie net ekonomiese groei aandryf nie, maar sal ook inkomste vir die staat verbeter. Ons verwag dus dat nie-belastinginkomste, grootliks uit diamant-tantième, ‘n sterk prestasie vir die 2022-2023 boekjaar sal toon.