SA beskuldig van balpeutery in ’18 Nuweland-toets

Die voormalige krieketkaptein van Australië, Tim Paine, beskuldig Suid-Afrika van balpeutery in die wedstryd onmiddellik ná die berugte Nuweland-toets in 2018, toe die Australiese span deur die skuurpapierskandaal geteister is. In sy outobiografie wat vandag verskyn, The Paid Price, sê hy dat hy kon sien hoe Suid-Afrika tydens die vierde toets van die reeks die naat van die bal loswikkel. Paine beweer die Suid-Afrikaanse uitsaaier het onmiddellik van die beeld wegbeweeg en die beeldmateriaal kon later nie gevind word nie. Volgens hom was balpeutery algemeen in krieket.