Ontleders sê toerisme-syfers sal verder styg

Simonis Storm het ‘n ontleding van die jongste syfers van die Namibiese toerisme-ministerie oor buitelandse toeriste-aankomste in die land gedoen. Dit is die hoogste syfers sedert die pandemie begin het. Theo Klein van die makelaarsfirma sê hulle voorspel dat die syfers verder sal verbeter.