Grove Mall: Ekonoom sê notering sal nie noodwendig beste opsie wees nie

Die verkoop van Grove Mall aan Zimbabwiese beleggers is steeds in die nuus. Stratus Capital Partners en Bard Santner Markets bemiddel die transaksie van 1,8 miljard Namibiese dollar. Maar, daar is sommige wat meen dis beter om Grove Mall op die plaaslike beurs te noteer en aandele te verkoop om die nodige kapitaal in te bring. Op daardie manier kan meer Namibiërs voordeel uit die reus-inkopiesentrum trek. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Salomo Hei gepraat om sy mening te kry.