Amazon kom SA toe, aanlynsektor sal groei

Die Suid-Afrikaanse aanlyn inkopiesektor kan binnekort ‘n opskudding beleef. Die Amerikaanse tegnologiereus, Amazon, brei na wat berig word sy sakebelange in die land uit. Die multi-nasionale maatskappy beplan om in Februarie volgende jaar ‘n aanlyn winkel en prima-lidmaatskapsprogram bekend te stel. Amazon sal te staan kom teen sterk mededinging van Take-a-lot, wat deur Naspers besit word en wat ook die afleweringdiens Mr D en die aanlyn modewinkel Superbalist het.