Onteiening: AgriSA sê hy hou proses fyn dop

Grondonteiening in Suid-Afrika is weer in nuus. AgriSA sê hy is ernstig bekommerd oor sommige van die wysigings aan die Wetsontwerp op Grondonteiening. Die Parlement se portefeuljekomitee oor openbare werke het vandeesweek oorweging geskenk aan die meer as 130 000 voorleggings wat ontvang is met voorstelle vir wysigings aan die wetsontwerp. Die komitee sê 99 persent van die insette is daarteen gekant. Annelize Crosby van AgriSA verduidelik die proses wat nou moet plaasvind: