Mej. Nam is nie polities gemotiveerd nie – Maritz

Plaaslike berigte lui dat die Mej. Namibië-organisasie nie gehoor sal gee aan oproepe dat die Mej. Heelal-kompetisie geboikot moet word omdat dit in Israel plaasvind. Mej. Suid-Afrika sal nie deelneem nie. Die direkteur van Mej. Namibië Conny Maritz sê hulle het reeds ‘n jarelange verhouding met die Mej. Heelal-organisasie en dat dit nie politiek van aard is nie. ‘n Informele peiling deur Kosmos 94.1 Nuus het getoon dat die meerderheid Twitter-gebruikers teen Mej. Namibië Chelsi Shikongo se deelname is, terwyl Facebook-gebruikers haar deelname ondersteun.