Gelyke toegang tot entstof noodsaaklik

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het opnuut die behoefte beklemtoon om toe te sien dat almal gelyke toegang tot Covid-19-entstof het, om ‘n einde te bring aan die pandemie. Die organisasie het ‘n teiken gestel vir alle lande om teen einde September vanjaar tien persent van hul bevolking in te ent. Altesaam 56 lande kon nie die teiken haal nie. Maria van Kerkhove van die WGO sê die wêreldwye versuim om entstof regverdig te verdeel, benadeel talle van die wêreld se armste en mees kwesbare mense.