MTC stel nuwe produkte bekend

MTC Namibia het drie nuwe aanbiedinge aan die mark bekendgestel, naamlik Aweh YoVoice, Aweh YoData en Aweh Ultra, wat meer waarde en buigsaamheid bied. Die nuwe aanbiedinge kom egter ten koste van die geliefde MTC-produkte, Aweh Go, Aweh Gig en die Happy Hour-funksie op Super Aweh. Hierdie pakkette het die einde van hul leeftyd bereik en sal op 9 Mei onttrek word. Kosmos 94.1 Nuus het met Erasmus Nekundi, skakelbeampte van MTC, gepraat.