Onderwysministerie verduidelik skoolplasings

Desperate Namibiese ouers en voogde staan tou by staatskole en onderwyskantore in streke regoor die land in die hoop om plasing vir hul kinders te verseker voor die skole môre begin. Die onderwysministerie verwag ‘n toename van 3 tot 4 persent in die aantal leerders van verlede jaar se 839 579 leerlinge. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, gepraat oor wat ouers moet doen as hulle nie plek vir hul kinders kry nie.

Bohn voeg by dat hulle beperk is met hulpbronne soos klaskamers en onderwysers, maar hulle het planne uiteengesit.