SA grensposte toon verbetering

Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake loof die algemene verbetering in die verwerking van mense en goedere wat tydens die feestyd by grensposte gesien is, veral by Beitbrug in Limpopo en die Lebombo-grenspos in Mpumalanga. Die voorsitter, Mosa Chabane sê die planne wat voor die feestyd aan die komitee voorgelê is, is bevredigend in werking gestel en het gelei tot korter toue en verwerkingstye by die grensposte: