Omusati-goewerneur is op soek na vermiste Angolese

Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala is tans op pad Angola toe nadat plaaslike media berig dat twee weke na die eerste groep Angolese gerepatrieer is vanaf Etunda, het 500 van hulle heeltemal verdwyn. Die sekretaris van die Etunda nedersetting Joseph Shiininge het bevestig dat 1 792 mense geregistreer is om terug na Angola te keer maar net 1 300 is vervoer. Daar was aanvanklik 3 230 vlugtelinge geregistreer maar blykbaar het net 1 792 oorgebly vir repatriasie en owerhede sê hulle glo die ander, behalwe vir die 500, het reeds teruggekeer. Endjala gesels met Kosmos 94.1 Nuus.