Kundiges sê SA wynbedryf kan oorleefJanuary 21, 2022

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is swaar getref deur die Covid-pandemie en sal nog jare neem om te herstel. Wyn-ondernemings ondergaan tans ‘n kopskuif oor hoe hulle sake doen, wat gebore is uit die noodsaaklikheid om nuwe lewe in die bedryf te blaas. Dit was die kernboodskap van sprekers by die 16de jaarlikse Vinpro-inligtingsdag, bygewoon deur 450 persone wat die geleentheid by die Allée Bleue-wynlandgoed in Franschhoek virtueel en in-persoon bygewoon het. Die besturende direkteur van Vinpro, Rico Basson, sê huidige uitdagings is glastekorte en uitvoer-uitdagings by die Kaapstadse hawe.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *