Wat maak die NDF in Zambezi? Niks?

Die Nasionale Raad se staande komitee op binnelandse sake en sekerheid se ondersoek in die Zambezi-streek onderskraag bewerings deur die Namibian Lives Matter-beweging. Die komitee het bevind dat die teenwoordigheid van die Namibiese weermag in die streek glad nie gedefinieer is nie. Die komitee sê die ontplooiing van soldate word ook nie deur die gemeenskappe in die gebied, veral teen die grens met Botswana verstaan nie omdat hulle nooit op patrollie gesien word nie. In sy verslag het die komitee bygevoeg dat gemeenskappe teen die grens in werklike vrees vir die Botswana weermag lewe en dat hulle in werklikheid aan hulle eie lot oorgelaat word. Die komitee sê dat inwoners bang is om water by die rivier te haal. Daar word aanbeveel dat sekuriteit versterk moet word sodat inwoners veiliger voel en die rol van die weermag in die gebied met gedefinieer word. Ten minste 30 Namibiërs is sedert onafhanklikheid doodgeskiet deur soldate van die buurland.