Omikron loop oop, sê WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is ‘n skerp toename in Covid-19-gevalle, met bykans 10 miljoen gevalle wat wêreldwyd binne sewe dae aangemeld is. Die Omikron-variant word blameer vir die styging. Die WGO se tegniese hoof, Maria van Kerkhove, sê ander bydraende faktore sluit in die mutasies wat waargeneem is en wat die virus toelaat om makliker aan menslike selle vas te kleef: