Omgewingskenner sê hy is nie oortuig oor draadstrikke nie…

Die Namibiese omgewingsministerie het sy kommer uitgespreek oor die toenemende voorkoms van draadstrikke in Etosha Nasionale Park, maar volgens ‘n omgewingskenner veroorsaak heinings ook sterftes onder wild. Die ministerie het ‘n spesiale operasie van stapel gestuur om draadstrikke in en om Okaukuejo te verwyder. Die stel van strikke is onwettig en in drie dae is 62 strikke in die gebied verwyder. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteitsnavorsing-sentrum by Nust het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê wildstropery in die park is ‘n probleem, maar wild verstrengel ook in heinings…