Omgewingsgroep gaan appelleer teen seismiese opnames  

Die omgewings-regtegroep Green Connection beplan om te appelleer teen die Suid-Afrikaanse departement van minerale en energie se besluit om magtiging vir seismiese opnames in Suid-Afrika te verleen. Die departement het Searcher Seismic se voorgestelde opname-projek aan die Weskus gemagtig. Die groep se strategiese hoof, Liz McDaid, sê daar is onvoldoende aandag geskenk aan die uitwerking wat die opname op die omgewing sal hê.