WHS oorval deur aansoeke van leerders

Soos elke begin van ‘n nuwe skooljaar is dit ‘n uitdaging vir die Namibiese onderwysministerie en ouers om leerders in skole te plaas. Dit word by verskeie skole regoor die land ervaar. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het die versekering gegee dat skoolplasings binne ‘n week uitsorteer sal wees.  Dinette de Beer, die waarnemende skoolhoof van Windhoek Hoërskool, sê WHS het meer as 2 000 aansoekers vir die 2023 akademiese jaar in graad agt ontvang, maar kon net 340 leerders akkommodeer.