Ombud-onderhoude met ‘n week uitgestel

Die onderhoude vir die nuwe ombud vir Namibië is weer uitgestel. Die onderhoude van die drie kandidate Tousy Namiseb, Ruth Herunga en Basilius Dyakugha sal nie môre soos voorheen aangekondig, plaasvind nie. Volgens Selma Mwaetako, skakelbeampte vir die regbank, sal die onderhoude op 27 Augustus plasvind.