Ekonoom praat oor nasionale rekening en stand van ekonomie

Meer inligting is ontvang oor die jongste verslag van die Namibiese Statistieke Agentskap. Die jaarlikse nasionale rekening vir die land is bekend gemaak. Daar is meer as 13 000 werksverliese sedert die begin van die pandemie aangeteken en die ekonomie sal vanjaar ‘n rekord-inkrimping aanteken. Theo Klein ‘n ekonoom van Simonis Storm het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.