Verwoesting in Amasone hoogste ooit

Ten spyte daarvan dat ontwouding Brasilië se Amasone-reënwoud in Maart met 15 persent  gedaal het teenoor ‘n jaar tevore, toon voorlopige data dat rekord ontwouding in die eerste kwartaal van die jaar in die gebied plaasgevind het. In die 90 dae het ontwouding met 64 persent gestyg vergeleke met verlede jaar en ‘n gebied van 941 vierkante kilometer is verwoes. Die gebied is groter is New York en is die meeste woudbedekking wat verloor is sedert die datareeks in 2015-2016 begin het. Die vernietiging van die wêreld se grootste reënwoud het toegeneem sedert President Jair Bolsonaro die amp in 2019 betree het.