Olieprys steeds bestendig

Oliepryse het weer vanoggend teruggesak toe markte in Asië geopen het. Daar is kommer oor die swak ekonomiese groei in China, die wêreld se voorste olie-invoerder. Brent ru-olie het vroeër net bo 105 Amerikaanse dollar verhandel. Dit volg nadat China data vrygestel het wat toon dat vervaardigingsaktiwiteit in die wêreld se tweede grootste ekonomie vir ‘n tweede maand tot die laagste vlak sedert Februarie 2020 gekrimp het weens Covid-inperkings. Verder het uitvoere in Libië hervat nadat daar uitdagings was met versendings weens bende-aktiwiteit. Op die oomblik verhandel die kommoditeit net onder 107 dollar ‘n vat. Die nuwe brandstofprys in Namibië, wat met ‘n dollar 20 sent per liter petrol en 30 sent per liter diesel daal, tree môrenag om middernag in werking.