Bots se twee Omikron-variante woed in SA, Nam toets nog

Twee nuwe sub-variante van die Omikron koronavirus-variant kan teenliggame van vroeëre infeksies goed genoeg omseil om ‘n nuwe vlaag te veroorsaak. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het egter bevind hulle sukkel om te floreer in die bloed van mense wat teen Covid-19 ingeënt is. Suid-Afrika kan ‘n vyfde Covid-19-vlaag binnegaan, vroeër as wat verwag word. Wetenskaplikes en amptenare het vroeer gesê die voortgesette styging in besmettings word oënskynlik deur die BA.4- en BA.5-Omikron subvariante, wat eerste in Botswana geïdentifiseer is, voortgedryf. Slegs sowat 30 persent van Suid-Afrika se bevolking is ten volle ingeënt terwyl 27 persent van Namibiërs die spuit ontvang het. Namibiese owerhede begin ook nou om vir variante te toets so die voorkoms van BA.4 en BA.5 is nie plaaslik bekend nie.