Osaka is uit Madrid-Ope

‘n Beseerde Naomi Osaka is Sondag in die tweede ronde van die Madrid-Ope uitgeskakel na sy met 6-3 en 6-1 deur die Spaanse gunsteling Sara Sorribes Tormo verslaan is. Osaka is ‘n viermalige grand slam-wenner en sê haar vertoning is gekniehalter deur ‘n enkelbesering, wat sy na haar openingswedstryd teen Anastasia Potapova opgedoen het. Dit was die Japanese ster se tweede agtereenvolgende nederlaag teen Sorribes Tormo. Emma Raducanu het in ‘n bykans foutlose wedstryd met die tiener van Oekraïne, Marta Kostyuk afgereken en vir die eerste keer na die laaste-16  van ‘n WTA-1000 toernooi deurgedring.