Olie klim weer, 7% hoër as gister

Oliepryse het vanoggend verder gestyg na sommige lede van die Europese Unie ‘n moontlike olie-embargo op Rusland bespreek het en aanvalle op Saoedi-fasiliteite opnuut die mark geruk het. Brent-termynkontrakte was het met meer as 3 Amerikaanse dollar gestyg na net bo 118 Amerikaanse dollar ‘n vat, ‘n 7 persent styging teenoor Maandag se prayse. Die ministers van buitelandse sake van die Europese Unie is verdeeld oor die vraag of hulle by die Verenigde State moet aansluit om Russiese olie te sanksioneer, met sommige lande, insluitend Duitsland, wat aanvoer dat die blok te afhanklik is van Rusland. Brent ru-oliepryse het met meer as 54 persent in die afgelope 90 dae gestyg.