Grenspatrollies moet verskerp tussen Namibië en Zambië

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy aanmerkings oor die voortslepende oorgrensmisdaad tussen Namibië en Zambië. Hy het by die gesamentlike-kommissie melding gemaak van stropery en smokkelary. Hy bevestig dat patrollies verskerp moet word om die probleem aan te spreek.