Vier dood in ongeluk van voor

Net voor daar verligting was dat die langnaweek afgeloop het sonder ‘n grusame motorongeluk, het die nuus gekom dat vier mense Maandagnag net buite Karbib, rigting Usakos dood is na ‘n ongeluk van voor tussen ‘n sedanvoertuig en ‘n bakkie. Al vier passasiers in die sedanmotor is oorlede, soos inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie verduidelik.