Okh-voorsitter sê aktiviste se aantygings nie alles korrek nie

Die voorsitter van die bestuurskomitee van die Okahandja-munisipaliteit, Vincent Kariseb sê hulle het herhaaldelik gepoog om met die leier van die groep Sydney Gariseb te ontmoet maar, dit is blybaar onmoontlik. Hy voer aan Gariseb se aantygings is nie almal waar nie. Programme is ook op die dorp van stapel gestuur. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.