NVG gaan waarnemende regter vir seksuele aanranding vervolg

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan ‘n voormalige waarnemende regter vervolg vir seksuele aanranding van ‘n vroulike advokaat. Sy het AfriForum se privaat vervolgingseenheid om hulp genader. Die besluit volg nadat die eenheid getuienis voorgelê het aan die direkteur van die NVG in Gauteng, Andrew Chauke. Die hoof van die eenheid, Gerrie Nel, sê die klaagster sê sy neem standpunt in om seker te maak vroue voel gemaklik wanneer hulle ‘n loopbaan bou sonder om slagoffers te wees van skynbaar onaantasbare mans.