NV-debat oor Ramaphosa se mosie van wantroue op 30 Maart

Die debat oor ‘n mosie van wantroue teen Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal op 30 Maart in die Nasionale Vergadering gevoer word. Die stemmery sal daarna plaasvind. Parlementslede sal ook op dieselfde dag debatteer en stem oor die mosie van wantroue teen die kabinet. Professor Dirk Kotze, ‘n politieke analis in die buurland, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.