Toerisme-ekspo vind vanaf 3 tot 5 November plaas

Die 24ste Namibiese Toerisme-ekspo wat deur Namibia Media Holdings aangebied word, vind vanaf 3 tot 5 November by SKW in Windhoek plaas. Die tema is “Saam kan ons meer doen” met die fokus op die ontwikkeling van toerisme in streke en op gemeenskapsvlak. Die uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings, Albe Botha, sê volhoubare toerisme is nou belangriker as ooit.