Namibiese vragmotorbestuurder sterf in ongeluk in Noordwes

‘n Namibiese vragmotorbestuurder is vandag in ’n ongeluk dood op die N4-pad tussen Zeerust en Swartruggens in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie. Die Namibiese slagoffer het ’n Maritz Transport-vragmotor bestuur en ’n ander vragmotor was glo ook in die ongeluk betrokke. Die Namibiese slagoffer was ten tyde van die ongeluk in die wrak vasgekeer, volgens ‘n mediaverklaring van die Noordwes-provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur. Die ander vragmotorbestuurder wat in die ongeluk was, het glo ligte beserings opgedoen.