Groot kommer oor SA se gewapende skoolkinders

‘n Onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die groterwordende getal leerders wat met wapens op skoolterreine aangetref word is ‘n bewys die samelewing sit op ‘n tikkende tydbom. Dit volg na drie leerders by ‘n skool in Petit, Ekurhuleni arresteer is vir die beweerde besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Makaneta sê nie lank gelede nie is daar op ‘n skoolhoof en ‘n adjunk-hoof by skole in die metro geskiet: