Lutombi gesels oor vee op die land se paaie

Die Padowerheid sê hy neem stappe om vee van die paaie af te hou. Dit is in reaksie op bestuurders se kommer oor veiligheid en die bedreiging wat diere op paaie inhou. Die owerheid se uitvoerende hoef, Conrad Lutombi, sê instandhoudingswerkers is regoor die land gestasioneer om beeswagters te vra om hul vee agter heinings te kry. Dit is egter nie hul verantwoordelikheid nie maar dié van die diere se eienaars, en hulle kan nie oral patrolleer nie. Kosmos 94.1 nuus het met Lutombi gepraat.