Dokters sonder grense vra skietstilstand in Gaza

Dokters Sonder Grense het sy oproep herhaal vir ʼn onmiddellike en volgehoue skietstilstand in Gaza. Dit volg nadat minstens 35 mense dood is toe Israel gister op ʼn kamp vir vlugtelinge in Rafah toegeslaan het. Die Israelse weermag sê hy het ʼn Hamas-vesting in die gebied aangeval en twee senior amptenare van die militante groep is dood. Hy sê hy sal berigte nagaan wat beweer burgerlikes is tydens die voorval dood. Dokters Sonder Grense sê die aanval bewys weer dis nêrens in Gaza veilig nie.