Nuwe SA speaker moet besluit neem oor mosie van wantroue in Ramaphosa

Die nuwe speaker van die Suid-Afrikaanse parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal van voor af moet besluit of ‘n mosie van wantroue in President Cyril Ramaphoisa per geheime stem gehou moet word. Die Appèlhof het die voormalige speaker, Thando Modise, se besluit om die African Transformation Movement se versoek om ‘n geheime stem te weier, tersyde gestel. Die party kan nou weer sy mosie indien en Mapisa-Nqakula sal ‘n besluit moet neem. Die parlement is vanaf volgende week in reses.