Wisselende weerpatrone maak Wes-Kaapse wyndruifboere bekommerd

Die wisselende weerpatrone maak Wes-Kaapse wyndruifboere bekommerd dat die blomtydperk geraak kan word al was dit tot dusver ‘n goeie seisoen. Vinpro se konsultasiedienstebestuurder, Conrad Schutte, sê alhoewel die meeste wingerde tans blom en die warm weer tot meer vrugte lei, kan baie nog voor oestyd gebeur. Schutte sê die eerste wyndruif-oesskatting word hierdie maand vrygestel en vooruitsigte vir volgende jaar se oes lyk belowend.