Jacob Zuma se boek binnekort gepubliseer

Die JG Zuma-stigting het aangekondig oudpresident Jacob Zuma se boek sal binnekort gepubliseer word. Die stigting sê op Twitter die boek sal in die tweede of derde week van hierdie maand beskikbaar wees. Die titel is ‘The words of a President. Jacob Zuma speaks’. Volgens die stigting sal meer besonderhede mettertyd bekend gemaak word.