Nuwe Covid-maatreëls geldig vanaf 1 Junie

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vanoggend die veranderinge van Covid-maatreëls aangekondig. Die maatreëls tree op 1 Junie in werking en geld tot 30 Junie. By openbare byeenkomste buite en binnenshuis is 100 mense na slegs 50 mense verminder. Alle kontaksport is opgeskort. Reisigers wat die land besoek se negatiewe uitslag moet sewe dae geldig wees. Blitstoetse word nie meer toegelaat nie. Reisigers van brandpunte soos Indië moet ná sewe dae weer toets. Dr. Kalumbi Shangula is aan die woord.